Baie welkom by ons trouwebwerf!

Ons  borrel behoorlik van opwinding oor die nuwe seisoen in ons lewens en wil dit graag met julle deel.  As dit van ons afhang, sal ons graag julle almal saam wil neem op die vreugdesreis.  Julle is meer as welkom om in kuberland saam te kuier.  Raak gerus betrokke, lewer kommentaar, speel en droom saam!
Ons hoop julle geniet dit om deur ons webwerf te blaai en kyk gerus na ons mengelmoes foto's.  Die goeies is geneem deur Charl Smith van Agapé Studio.  Hy is nie net 'n meester met die kamera nie, maar nou ook 'n goeie vriend.  Vir die res kan julle ons en ons selfone blameer!


Hierdie droom sou vir ons nooit 'n realiteit kon wees sonder die regte mense om ons nie.  Loer bietjie wie is die span saam met wie ons werk, hulle maak dalk 'n paar laste vir jou ligter op jou droomdag. 
Liefde, vrede en vreugde wens ons vir julle toe.
Dieter en Martelize

Trou foto's

Hier is 'n paar foto's van ons spesiale dag.  Bly ons kan dit met julle deel.  Gaan loer gerus op die Agapé Studio website om MEER te sien.